Saturday, May 19, 2012 <      Register      Login

 

www.miraclesphoto.co.za

Miracles Photography 
Karen:
082 899 0358

Hannelien:
083 320 0130
E-mail: Click here.

Galleries
Search galleries
Title
Photo shoots
Author: gatekeeper Created: 9/10/2008 9:04 PM
Miraclesphoto's Weddings
By gatekeeper on 5/18/2012 10:47 AM

Peter en Charlene is 12 Mei 2012 getroud by Imperfect Perfection. Sjoe die dekor en detail was ongelooflik! Dankie vir die strooijonkers en strooimeisies wat so hard gewerk het om banke te dra en ruikers te soek...Charlene dankie vir al die oulike props vir die photobooth! Dankie Imperfect perfection vir nog 'n heerlike kuier by julle!  geniet die foto's.  Karen en Sonja xx
By gatekeeper on 5/14/2012 5:25 PM

Imogene het pragtig gelyk in haar mooi trourok.  Van die bed tot in die bad - Imogene was vir elke foto só gewillig.  Die manne het ook mooi saamgewerk en ons hou veral van hul fietsie foto's.  Dankie vir die oulike karretjies wat julle spesiaal saamgebring het . Hoop julle geniet die foto's soos ons dit geniet het.

By gatekeeper on 4/19/2012 7:02 AM

Dave and Danel came all the way from the UK to get married in sunny SA! We only met the week before the wedding to do a couple shoot and discuss details of the wedding. The wedding was so stylish and elegant - just like the couple.  It was great to see all the friends and family celebrate this day with them.  The staff from Morgenzon were also fantastic! The highlight of the day was when the dove (DUIF) came to sit on Dave's head... Enjoy your pics!  Karen and Sonja
By gatekeeper on 3/24/2012 10:58 AM

Jacques en Esti is 17 Maart by Imperfect Perfection getroud.  Dit was 'n pragtige troue en danksy Hester van Love en Grace was die dekor ongelooflik mooi. Die span van Imperfect Perfection se gasvryheid het weer alles oortref. Jacques en Esti, ek het lanklaas 'n troue gesien wat so goed beplan is - en danksy Fred het alles baie goed verloop.  Ons het die dag baie saam met julle geniet. Met baie liefde van die Miracles span
By gatekeeper on 3/12/2012 2:25 AM

           

         

Ustinov oftwel Uzzi en Candice is 3 Maart getroud by Makinky Manzi anderkant Rustenburg. Die diens was langs die rivier en mense het onder sambrele gesit met hulle voete in die water. Die venue was voorwaar iets anders en besonders. Baie geluk julle twee. Candice jy was so rustige bruid en ons het so lekker saam met jou gewerk.  En ja ek het lanklaas 'n bruidegom gesien wat so goed voorbereid was op die "speech" aanslae... Ons het die spesiale dag in die natuur baie saam met julle geniet! Karen en Sonja

By gatekeeper on 2/6/2012 9:14 AM

Dit was 'n reënerige dag, maar niks kon die paartjie keer om hul dag te geniet nie.  Almal by Imperfect Perfection het ingespring om te help met sambrele vir die gaste toe die reën begin val.  Dankie vir almal wat ook die fotograwe gehelp het - veral die videograwe! Hester van Love & Grace het gesorg vir die pragtige dekor. Geniet die foto's.
By gatekeeper on 12/12/2011 11:32 AM

Ai dit was nou 'n lekker troue om ons jaar mee af te sluit! Reitz en Islari oftewel Vlooi is 10 Desember getroud.  Die Feather Hill spa is 'n pragtige venue met die mooiste kerkie.  Alles was so smaakvol en die kos was heerlik!  Julle twee het pragtig gelyk - dit was wonderlik om deel van julle spesiale dag te wees.  Geniet die foto's en geniet julle vakansie.
By gatekeeper on 12/5/2011 5:17 PM

Ai ons sien al so lank uit na julle troue en nou is dit verby...Dankie vir 'n heerlike dag saam met julle!  Alles was so stylvol en daar is aan elke detail aandag gegee.  Susan (082 784 9606) die blomme en dekor was pragtig.  Diep in die Berg se diens was uit die boonste rakke.  Danksy Minette (083 445 4717) het die bruid se grimering pragtig gelyk.  Ons het die dag baie saam met julle geniet - geniet jul foto's en hou lekker vakansie...
By gatekeeper on 10/29/2011 3:38 PM

Van die begin af het ons groot pret met hierdie bruidspaar gehad.  Die bruid was bang vir niks en 'n bok vir sports. Dit was so LEKKERRRRR om julle foto's vir julle te neem. Baie liefde vir julle tweetjies.  Hannelien & Karen xx
By gatekeeper on 10/24/2011 4:08 PM

Jacques en Anna-Marie is 8 Oktober op Bethal getroud by die .  Dit was baie lekker om julle uiteindelik te ontmoet. Ons was mal oor die lekker plaas en plattelandse gevoel op Bethal.  Dankie vir al die strooijonkers en strooimeisies wat so gewillig was om alles te doen vir mooi foto's.  Geniet dit...
Privacy Statement      Terms Of Use      Website design by Mindstorm