By gatekeeper on
5/17/2012 6:49 PM
|

|
| Adrie was die perfkte model. Ons het nie net lekker foto's geneem nie maar sommer lekker gekuier. Melanie, dankie vir die grimering. Die model lyk beeldskoon. Hierdie foto's is met BAIE liefde van ons! Hannelien en Karen |
|
By gatekeeper on
5/15/2012 5:11 PM
|

|
| Ons het vir Charl, Avanya en Adanté (2jr) op hul plaas gaan afneem. Hulle het ons na die oulikste plekke toe geneem. Van die koollanderye tot op die treinspoor. Dit was so lekker om bietjie in 'n ander omgewing foto's te neem. Liefde Hannelien en Karen |
|
By gatekeeper on
5/8/2012 11:06 AM
|

|
| Sjoe toe ons weer kyk toe klim hier 17 pragtige meisies uit die karre! Dit was nie lank nie toe is almal baie ontspanne en vol oulike idees vir die shoot. En dankie ma Sobet vir al die GROEN props - dit het so lekker gewerk. Geluk met jou verjaarsdag die 13de Mei, Renalte! Geniet julle "fun" foto's... Ons het self baie pret gehad. Karen en Hannelien xx |
|
By gatekeeper on
4/10/2012 5:44 PM
|

|
| Francois, Chantal, Bea, Nika en boetie Francois het bietjie studio toe gekom. Dis die soetste kindertjies ooit! Geniet hierdie spesiale foto's. |
|
By gatekeeper on
4/10/2012 5:27 PM
|

|
| Dis altyd lekker om ou kliente te he wat weer kom vir foto's. Lekker om te sien hoe groot die kinders word - en so mooi! Gerrit jou girls is pragtig. Geniet die foto's. |
|
By gatekeeper on
3/24/2012 2:11 PM
|

|
| Liewe Sonja en Elri - baie dankie vir julle moeite met ons fotosessie. Die foto's is vir ons baie spesiaal. Dankie vir al julle geduld met die honde, perde en natuurlik sommige mense... Nou kan ek mooi nuwe foto's in my rame by die huis sit! Karen xxx |
|
By gatekeeper on
2/24/2012 8:44 AM
|

|
| Nou ja ons het die A++ span uitgestuur om die Duppies te gaan "shoot". Ai dit was baie lekker daar by julle! Kyk dis was honde, katte, kinders, mense, fotograwe...en baie pret! Dankie vir julle ondersteuning - altyd. Dit was 'n voorreg om julle gesinnetjie se foto's te doen. Met baie liefde. Karen, Hannelien en Sonja xxx |
|
By gatekeeper on
2/22/2012 6:38 PM
|

|
| Manike en Johan - dit was vir my en Karen baie spesiaal om julle twee dogtertjies af te neem. Ons kom al 'n lang pad saam. Mag hulle nog baie vreugde vir julle bring. xx |
|
By gatekeeper on
2/22/2012 11:55 AM
|

|
| Dit was baie lekker om julle almal te ontmoet. Dis seker die drie seuns met die mooiste maniere! Geniet julle foto's! Karen en Hannelien |
|
By gatekeeper on
2/20/2012 12:05 PM
|

|
|
Renalte en Tarinda - julle is die mooiste prentjie van sussieliefde en ek het soveel pret saam met julle gehad. Was mal oor julle outfits en veral die levi's skoentjies. Geniet julle foto's.
Baie liefde - Sonja xx
|
|