Saturday, May 19, 2012 <      Register      Login

 

www.miraclesphoto.co.za

Miracles Photography 
Karen:
082 899 0358

Hannelien:
083 320 0130
E-mail: Click here.

Galleries
Search galleries
Title
Photo shoots
Author: gatekeeper Created: 11/14/2008 7:17 PM
Children
By gatekeeper on 5/26/2011 1:03 PM

Ai ons kan nie glo baba Jana het vandag 25 Mei 2011 twee jaar oud geword nie - baie geluk julle!  Sy het haar partytjie by Bambini kleuterskool gehou.  Daar was die mooiste "cupcakes" en vlinders.  Die maatjies het heerlik gesmul en baie lekker partytjie gehou...
By gatekeeper on 4/19/2011 7:51 PM

Ons kon nie glo hoe groot Fonda se dogtertjies geword het nie. En is hulle nie te pragtig nie. Dit was beslis 'n besige fotosessie veral te danke aan Anika,  sy het min of meer die verloop van sake bepaal... Dit was baie lekker om julle weer te sien - geniet die oulike foto's!
By gatekeeper on 9/16/2010 7:34 AM

Mia, net 11 daggies oud, het vir haar eerste "photo shoot" gekom.  Sussie Kyra (21 maande), ook maar nog baie klein, het daarvan gehou om in die studio te kom speel. 
By gatekeeper on 8/27/2010 7:52 AM

Adri is al een van ons ou kliente saam met wie ons so lekker werk!  Sy het besluit dis klein Jana se beurt vir 'n alleen fotosessie.  Nou ja ons was besig.  Dan met die balonne, dan bo-op die wit bad, dan buitekant op die swaai en ons het tussen die hoenders geeindig...Geniet die kleurvolle foto's
By gatekeeper on 4/10/2010 10:10 PM

Annette het haar kleinkinders, HJ, Mari-Simon, Morne en Franco na die studio gebring vir foto's. Wat 'n oulike ouma vir haar kleinkinders!  Ons het sommer baie pret gehad en lekker gelag. Geniet hierdie foto's Annette. Hannelien & Karen
By gatekeeper on 8/6/2009 3:54 PM

"My naam is Hendré en ek is 15 maande oud.  My mamma Marlise en ouma Maritha het my na twee tannies toe geneem met groot kameras.  Ek het baie lekker gespeel in die studio.  Die tannies sê ek is 'n stroopsoet seuntjie!"
Privacy Statement      Terms Of Use      Website design by Mindstorm