Wednesday, February 08, 2012 <      Register      Login

 

www.miraclesphoto.co.za

Miracles Photography 
Karen:
082 899 0358

Hannelien:
083 320 0130
E-mail: Click here.

Galleries
Search galleries
Photo shoots
Author: gatekeeper Created: 9/10/2008 9:00 PM
Photo shoots
By gatekeeper on 2/6/2012 7:36 PM

Ons was al baie nuuskierig om te sien hoe die klein dingetjie gaan lyk...Klein Nika was vir haar eerste fotosessie by ons en sy is net twee wekies oud. Sy is die fynste klein dingetjie en haar Pa en Ma is soo rustig.  Dit was baie spesiaal. Wonder wanneer sy al haar pare skoene gaan dra... Geniet die foto's!
By gatekeeper on Monday, February 06, 2012 7:14:00 AM

Dit was 'n reënerige dag, maar niks kon die paartjie keer om hul dag te geniet nie.  Almal by Imperfect Perfection het ingespring om te help met sambrele vir die gaste toe die reën begin val.  Dankie vir almal wat ook die fotograwe gehelp het - veral die videograwe! Hester van Love & Grace het gesorg vir die pragtige dekor. Geniet die foto's.
By gatekeeper on Monday, February 06, 2012 4:13:00 AM

Peter en Charlene trou 12 Mei 2012 by Imperfect Perfection.  Ons het Saterdag hulle couple shoot gedoen en dit was groot pret!  Dankie julle twee was baie oulik!  Sonja
By gatekeeper on Thursday, February 02, 2012 4:36:00 AM

Dit was baie lekker om julle uiteidelik te ontmoet!  Anton gee die foto's as trou geskenk en hy het dit al 'n jaar teug bespreek.  Ons baie sien uit na julle troue.  Geniet jul foto's... Sonja en Karen
By gatekeeper on Monday, December 12, 2011 9:32:00 AM

Ai dit was nou 'n lekker troue om ons jaar mee af te sluit! Reitz en Islari oftewel Vlooi is 10 Desember getroud.  Die Feather Hill spa is 'n pragtige venue met die mooiste kerkie.  Alles was so smaakvol en die kos was heerlik!  Julle twee het pragtig gelyk - dit was wonderlik om deel van julle spesiale dag te wees.  Geniet die foto's en geniet julle vakansie.
By gatekeeper on Monday, December 05, 2011 3:17:00 PM

Ai ons sien al so lank uit na julle troue en nou is dit verby...Dankie vir 'n heerlike dag saam met julle!  Alles was so stylvol en daar is aan elke detail aandag gegee.  Susan (082 784 9606) die blomme en dekor was pragtig.  Diep in die Berg se diens was uit die boonste rakke.  Danksy Minette (083 445 4717) het die bruid se grimering pragtig gelyk.  Ons het die dag baie saam met julle geniet - geniet jul foto's en hou lekker vakansie...
By gatekeeper on 11/29/2011 10:43 AM

Wileen en haar twee susters het met hul gesinne gekom vir 'n paar foto's.  Hoop julle het sommer lekker gekuier ook...Geniet die foto's!
By gatekeeper on 11/26/2011 7:46 AM

Dit was baie lekker om julle te ontmoet.  Julle het die "cuteste" dogtertjie - so selfstandig!  Ai ons het haar vreeslik geniet.  Hoop julle hou van die foto's...
By gatekeeper on 11/23/2011 3:54 PM

Baie geluk Mellie met jou veertigste verjaarsdag! Dankie vir 'n heerlike kuier by Madame Rose teetuin. Die girls het so mooi gelyk...
By gatekeeper on 11/22/2011 5:58 PM

Baie geluk vriendin met jou verjaarsdag.  Soos gewoonlik het jy ons meer bederf op jou b-day as wat ons vir jou bederf het..... en dit is hoe ons jou ken.  Dankie vir al jou moeite.  Soos jy sien het ons almal dit BAIE geniet.  Geniet jou foto's en lekker lag.  Met Liefde - Hannelien en Karen xxx
Title
Privacy Statement      Terms Of Use      Website design by Mindstorm